{
    "translation": "Ou Vertaling",
    "abbreviation": "aov",
    "lang": "af",
    "language": "Afrikaans",
    "direction": "LTR",
    "encoding": "UTF-8",
    "book_nr": 41,
    "book_name": "Markus",
    "chapter": 1,
    "name": "Markus 1",
    "verses": [
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 1,
            "name": "Markus 1:1",
            "text": "Die begin van die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 2,
            "name": "Markus 1:2",
            "text": "Soos geskrywe is in die Profete: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u pad voor U uit sal regmaak \u2014 "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 3,
            "name": "Markus 1:3",
            "text": "die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit! "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 4,
            "name": "Markus 1:4",
            "text": "Johannes het gekom en was besig om in die woestyn te doop en die doop van bekering tot vergifnis van sondes te verkondig. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 5,
            "name": "Markus 1:5",
            "text": "En die hele Joodse land en die inwoners van Jerusalem het uitgegaan na hom toe, en almal is deur hom gedoop in die Jordaanrivier met belydenis van hulle sondes. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 6,
            "name": "Markus 1:6",
            "text": "En Johannes was gekleed met kameelhare en 'n leergord om sy heupe, en hy het sprinkane en wilde heuning ge\u00ebet. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 7,
            "name": "Markus 1:7",
            "text": "En hy het gepreek en ges\u00ea: Hy wat sterker is as ek, kom n\u00e1 my, en ek is nie waardig om neer te buk en sy skoenriem los te maak nie. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 8,
            "name": "Markus 1:8",
            "text": "Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle doop met die Heilige Gees. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 9,
            "name": "Markus 1:9",
            "text": "En in daardie dae het Jesus van N\u00e1saret in Galil\u00e9a gekom en is deur Johannes in die Jordaan gedoop. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 10,
            "name": "Markus 1:10",
            "text": "En dadelik toe Hy opklim uit die water, sien Hy die hemele skeur en die Gees soos 'n duif op Hom neerdaal. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 11,
            "name": "Markus 1:11",
            "text": "En daar het 'n stem uit die hemele gekom: U is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 12,
            "name": "Markus 1:12",
            "text": "En dadelik het die Gees Hom uitgedryf in die woestyn. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 13,
            "name": "Markus 1:13",
            "text": "En Hy was daar in die woestyn veertig dae lank, terwyl Hy deur die Satan versoek is; en Hy was saam met die wilde diere, en die engele het Hom gedien. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 14,
            "name": "Markus 1:14",
            "text": "En nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galil\u00e9a gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 15,
            "name": "Markus 1:15",
            "text": "en ges\u00ea: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 16,
            "name": "Markus 1:16",
            "text": "En terwyl Hy langs die see van Galil\u00e9a loop, sien Hy Simon en Andr\u00e9as, sy broer, besig om 'n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 17,
            "name": "Markus 1:17",
            "text": "En Jesus s\u00ea vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal maak dat julle vissers van mense word. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 18,
            "name": "Markus 1:18",
            "text": "En dadelik het hulle hul nette laat staan en Hom gevolg. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 19,
            "name": "Markus 1:19",
            "text": "En toe Hy daarvandaan 'n bietjie verder gaan, sien Hy Jakobus, die seun van Sebed\u00e9\u00fcs, en Johannes, sy broer, wat besig was om die nette in die skuit heel te maak. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 20,
            "name": "Markus 1:20",
            "text": "En dadelik het Hy hulle geroep, en hulle het hul vader Sebed\u00e9\u00fcs met die gehuurde mense in die skuit laat staan en Hom gevolg. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 21,
            "name": "Markus 1:21",
            "text": "En hulle het in Kap\u00e9rna\u00fcm gekom, en dadelik op die sabbat het Hy in die sinagoge ingegaan en begin leer. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 22,
            "name": "Markus 1:22",
            "text": "En hulle was verslae oor sy leer, want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het en nie soos die skrifgeleerdes nie. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 23,
            "name": "Markus 1:23",
            "text": "En daar was in hulle sinagoge 'n man met 'n onreine gees; en hy het uitgeskreeu "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 24,
            "name": "Markus 1:24",
            "text": "en ges\u00ea: Hou op! Wat het ons met U te doen, Jesus, Nasar\u00e9ner? Het U gekom om ons te verdelg? Ek ken U, wie U is: die Heilige van God! "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 25,
            "name": "Markus 1:25",
            "text": "En Jesus het hom bestraf en ges\u00ea: Bly stil en gaan uit hom uit! "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 26,
            "name": "Markus 1:26",
            "text": "En die onreine gees het hom stuiptrekkings laat kry en met 'n groot stem geskreeu en uit hom uitgegaan. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 27,
            "name": "Markus 1:27",
            "text": "En almal was verbaas, sodat hulle onder mekaar vra en s\u00ea: Wat is dit? Watter nuwe leer is dit, dat Hy met gesag ook aan die onreine geeste bevel gee en hulle Hom gehoorsaam is? "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 28,
            "name": "Markus 1:28",
            "text": "En die gerug aangaande Hom is dadelik versprei in die hele omtrek van Galil\u00e9a. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 29,
            "name": "Markus 1:29",
            "text": "En dadelik toe hulle uit die sinagoge uitgegaan het, kom hulle saam met Jakobus en Johannes in die huis van Simon en Andr\u00e9as. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 30,
            "name": "Markus 1:30",
            "text": "En die skoonmoeder van Simon het siek gel\u00ea aan die koors; en dadelik het hulle Hom van haar ges\u00ea. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 31,
            "name": "Markus 1:31",
            "text": "Daarop gaan Hy na haar, neem haar hand en rig haar op, en dadelik het die koors haar verlaat, en sy het hulle bedien. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 32,
            "name": "Markus 1:32",
            "text": "En toe dit aand geword het en die son onder was, het hulle na Hom gebring almal wat ongesteld en van duiwels besete was. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 33,
            "name": "Markus 1:33",
            "text": "En die hele stad het by die deur saamgekom. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 34,
            "name": "Markus 1:34",
            "text": "En baie wat aan allerhande siektes gely het, het Hy gesond gemaak en baie duiwels uitgedryf en die duiwels nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle Hom geken het. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 35,
            "name": "Markus 1:35",
            "text": "En vroeg in die m\u00f4re, nog diep in die nag, het Hy opgestaan en uitgegaan en na 'n eensame plek vertrek en daar gebid. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 36,
            "name": "Markus 1:36",
            "text": "En Simon en die wat by hom was, het Hom gevolg. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 37,
            "name": "Markus 1:37",
            "text": "En toe hulle Hom vind, s\u00ea hulle vir Hom: Almal soek U. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 38,
            "name": "Markus 1:38",
            "text": "En Hy s\u00ea vir hulle: Laat ons na die naburige dorpe gaan, sodat Ek ook daar kan preek; want daarvoor het Ek uitgegaan. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 39,
            "name": "Markus 1:39",
            "text": "En Hy het die hele Galil\u00e9a deur in hulle sinagoges gepreek en die duiwels uitgedryf. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 40,
            "name": "Markus 1:40",
            "text": "En daar kom 'n melaatse na Hom toe wat Hom smeek en voor Hom op die knie\u00eb val en vir Hom s\u00ea: As U wil, kan U my reinig. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 41,
            "name": "Markus 1:41",
            "text": "En Jesus het vir hom innig jammer gevoel en die hand uitgesteek en hom aangeraak en vir hom ges\u00ea: Ek wil, word gereinig! "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 42,
            "name": "Markus 1:42",
            "text": "En toe Hy dit s\u00ea, het die melaatsheid hom dadelik verlaat, en hy is gereinig. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 43,
            "name": "Markus 1:43",
            "text": "En nadat Hy hom ernstig aangespreek het, stuur Hy hom dadelik weg "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 44,
            "name": "Markus 1:44",
            "text": "en s\u00ea vir hom: Pas op dat jy aan niemand iets vertel nie, maar gaan vertoon jou aan die priester en offer vir jou reiniging wat Moses voorgeskryf het, tot 'n getuienis vir hulle. "
        },
        {
            "chapter": 1,
            "verse": 45,
            "name": "Markus 1:45",
            "text": "Maar hy het uitgegaan en begin om baie dinge rond te vertel en die saak rugbaar te maak, sodat Hy nie meer openlik in 'n stad kon ingaan nie; maar Hy was buite in verlate plekke, en hulle het van alle kante na Hom gekom. "
        }
    ]
}